Die Boyfriend-sanger se katelkaskenades het verlede week opslae gemaak toe beeldmateriaal opduik waarop hy lê en slaap, na bewering ná ’n nag van passie saam met die 27-jarige Tati Neves.

Justin het Tati glo saam met ’n spul ander skoonhede na sy gehuurde villa in Rio de Janeiro genooi en sy het agterna oor sy seksuele vaardigheid gespog.

Sy het gesê: “Ek kan vir jou sê hy is goed bedeeld . . . en baie goed in die bed.

“ ’n Man moet weet wat om te doen om my gelukkig te maak. Justin het dit gedoen en meer. “Dit was een van die beste oomblikke van my lewe. Dit was wonderlik en onvergeetlik.” Tati, wat blykbaar ’n vyfjarige dogter by haar vervreemde man het, beweer Justin (19) het die aand net vir haar tussen die ander vroue raakgesien, en hulle het kort voor lank na die slaapkamer weggeglip.

“Ek kan vir jou sê hy is goed bedeeld . . . en baie goed in die bed."

Die Brasiliaan beweer die Baby-ster het aangedring om sy eie musiek te speel terwyl hulle seks gehad het en het haar selfs gesmeek om terug te kom vir nog nadat sy weg is.

Tati sê: “Hy het ’n baie fikse lyf en lyk goed kaal. Ek het nie (teruggegaan nie), want ek was uitgeput. Ek het net nie die krag gehad nie. Justin het baie uithouvermoë.”

Intussen hou die sexy brunet vol sy het nie die greep van haar en Justin op die internet geplaas nie en dat sy die video gemaak het om vir ’n vriendin te bewys sy is by die popster.

Sy het aan The Sun gesê: “Ek was nog in die bed by Justin toe my vriendin my in ’n teksboodskap vra: ‘Oi amiga, waar is jy?’ Ek het vir haar ’n boodskap teruggestuur: ‘Ek lê in die bed saam met Justin Bieber.’

“Die video was net vir haar oë bedoel. Ek is baie kwaad vir haar.”

- Bang Showbiz