0

Soveel vloekwoorde in sy lirieke. Hy probeer sy hou sy liedjies skoon en sonder kragwoorde. Mooi so, Justin!

2

Soveel keer het hy al met sy mentor en ‘‘big bro’’, Usher, aan snitte saamgewerk. Die R&B-ster kan op ’n hervermenging van Justin se liedjie Somebody to Love en ’n weergawe van die Kersliedjie op sy tweede album, Under the Mistletoe, gehoor word.

2

Hy kan binne soveel minute met ’n Rubik-kubus klaarspeel.

3

Justin hou die rekord as die Amerikaanse kunstenaar wie se kaartjies die vinnigste in Suid-Afrika uitverkoop het. Verlede Desember is meer as 62 000 kaartjies vir sy konserte verkoop binne net drie uur nadat hulle beskikbaar geword het.

4

Justin is die eerste solo-kunstenaar op die Amerikaanse Billboard-trefferlys wat minstens vier enkelspelers in die top-40 van die Hot 100 gehad het voor sy debuutalbum, My World, uitgereik is.

6

Dit is sy gunsteling-syfer.

7

Die aantal wasbeelde van hom in die Madame Tussauds-wasmuseums wêreldwyd. ’n Span van 60 beeldhouers en kunstenaars het meer as 800 uur gewerk om die sewende beeld te voltooi wat onlangs in Sydney, Australië, bekendgestel is.

13

Op dié ouderdom was hy al ’n straatkunstenaar! Hy het altyd voor die teater in Stratford, Ontario, Kanada, opgetree.

18

Soveel weke aaneen was sy outobiografie Justin Bieber: First Step 2 Forever: My Story op die New York Times se lys van topverkopers vir kinders.

69

Soveel keer sê hy “never” in sy liedjie Never Say Never.

77

Sjoe, kan jy glo Justin het die afgelope jaar soveel persent van die tyd ’n harembroek gedra!

317

Soveel weke het sy suksesvolste liedjie, Baby, op die trefferlyste geboer.

2009

Die jaar waarin hy sy debuutalbum, My World, uitgereik het.

80 000

Soveel Twitter-aanhangers het hy glo verloor nadat hy sy hare geknip het.

R27 miljoen

Soveel het sy parfuum, Someday, laat inrol binne ’n maand nadat dit in 2011 bekendgestel is.

R477 miljoen

Sy eerste konserttoer, My World Tour, het in 2010 meer as dié bedrag wêreldwyd laat inrol.

848 miljoen+

Soveel keer is sy eerste enkelsnit, Baby, al op YouTube gekyk.

R900 000

Soveel moes ’n speelgoedonderneming opdok om ’n Bieber-pop se haarstyl te laat verander nadat die sanger sy boskaas laat knip het.

BRONNE: HOLLYWOODREPORTER.COM, BUZZFEED.COM, ACHARTS.US, OMG-FACTS.COM, JTMAGZ.COM, JUSTINBIEBERZONE.COM, CHANNEL24.CO.ZA, THEFACTSITE.COM, BILLBOARD.COM