Justin Bieber se prokureur sê die sanger se vonnis weens vandalisme sal teen vroeg volgende jaar uitgedien wees. 

Shawn Holley het aan ’n regter in Los Angeles gesê Justin sal sy gemeenskapsdiens en woedebeheerklasse voltooi teen die tyd dat sy saak op 10 Februarie hersien word.

Justin is op proeftydperk ná ’n aanklag van vandalisme vroeër vanjaar aanhangig gemaak is toe die sanger sy bure se huis met eiers bestook het. Hy het nie Maandag se verhoor in die hooggeregshof in Los Angeles bygewoon nie.

Justin is beveel om vyf dae se gemeenskapsdiens te voltooi, 12 woedebeheersesssies by te woon en meer as R880 000 vir skadevergoeding aan sy bure se huis te betaal. Shawn het gesê Justin het reeds die bedrag betaal.

Bron : Sapa-AP /nsm