Die familie van die ontvoerde Suid-Afrikaner Pierre Korkie het landgenote gevra om vir hom te bid, het ’n woordvoerder Maandag gesê.

“Dinsdag is dit ’n jaar sedert Pierre se ontvoering,” het Pierre se vrou, Yolande, in ’n verklaring gesê.

“Ons vra Suid-Afrika om op 27 Mei de Here in gebed en vas aan te roep.”

Yolande Korkie het Suid-Afrikaners gevra om te bid vir wysheid vir alle partye betrokke by die onderhandelings.

Pierre en sy vrou in Mei verlede jaar deur Al-Kaïda-militante in Taiz, Jemen, ontvoer.

Ten tye van die ontvoering was Pierre ’n onderwyser in Jemen terwyl sy vrou in hospitale hulp verleen het.

Yolande is op 10 Januarie vrygelaat en het op 13 Januarie na Suid-Afrika teruggekeer. Die organisasie Gift of the Givers het haar vrylating help onderhandel.

Die ontvoerders het sowat R32 miljoen geëis in ruil vir Pierre se veilige terugkeer.

Die stigting het deur die wêreldmedia met Al-Kaïda probeer kontak maak en ’n onderhoud rondgestuur met hul kantoorbestuurder in Jemen, Anas al-Hamati.

Anas was verplig om Jemen einde Januarie te verlaat vir sy eie veiligheid nadat Al-Kaïda hom daarvan beskuldig het dat hy die losprys gesteel het.

Stamleiers in Jemen het toe die gesprekke met Al-Kaïda oorgeneem.

Op 25 Februarie het stamleiers uitgevind Pierre lewe nog, maar sy gesondheid is swak. Sedertdien is geen inligting oor sy toestand beskikbaar nie.

Die organisasie se hoof, Imtiaz Sooliman, het vroeër gesê hulle is afhanklik van die welwillendheid van die stamleiers in die gebied.

In ’n poging om internasionale steun te kry en met die hoop dat Al-Kaïda dit sou oorweeg om Pierre onvoorwaardelik vry te laat, het Yolande ’n tweede video uitgereik waarin sy om sy vrylating pleit,” het hy gesê.

Yolande het die video verlede week uitgereik.

- Sapa