Die vierjarige seuntjie wat Sondag voor ’n aankomende voertuig in Roodepoort beland het, is steeds in ’n kritieke toestand.

Faried Fourie word in die hoësorgeenheid in die Baragwanath-staatshospitaal in Soweto, suid van Johannesburg onder verdowing gehou, vertel sy ma, Beverley, wat langs sy bed waak.

[caption id="attachment_119043" align="alignnone" width="600"]Foto's: Verskaf Foto's: Verskaf[/caption]

“Sy longe is gekneus en hy het bloeding op die brein, maar niks kan vir hom gedoen word voor die swelling nie sak nie.”

Lees ook: Grootmaak-ma getuig in hof: So het ek Zephany gekry

Faried het Sondagmiddag saam met sy pa gaan stap toe hy skielik oor die straat hardloop en voor die voertuig beland.

“Maar wat presies gebeur het, weet ons nog nie. Alles was die afgelope twee dae nog net te traumaties.”

[caption id="attachment_119042" align="alignnone" width="601"]Foto's: Verskaf Foto's: Verskaf[/caption]

Sy sê sy sou baie graag haar seun na ’n privaat hospitaal wou laat oorplaas, maar kan dit nie bekostig nie.

“Al wat ek kan vra, is dat mense vir hom bid.”

– Deur Jaco Hough-Coetzee

Ander stories op Huisgenoot.com:

’n Gefuif terwyl jy swanger is ‘kan slaapprobleme veroorsaak’

Dapper vrou red haar man met geweld uit krokodil se kake

‘Mense dink ek het my baba verkoop,’ sê ma van ontvoerde Worcester-baba

Negejarige sterf raaiselagtig tydens vlug