Die internasionale popster Beyoncé verwag ’n tweeling! Die Formation-sangeres het Woensdag ’n kiekie op haar amptelike Instagram-blad gedeel van haar groeiende magie met die byskrif: "Ons wil graag ons liefde en geluk met julle deel. Ons is twee keer geseën en ongelooflik dankbaar dat ons familie met twee gaan groei. Dankie vir almal se boodskappe."

Beyoncé en haar man, die rapper Jay Z, se eersteling, Blue Ivy Carter, is in September 2012 gebore. Die paartjie is in 2008 getroud.

Een ding is seker: die wêreld gaan binnekort nie genoeg kan kry vir die nuwe toevoegings tot die Carter-huishouding nie!