Die sangeres het opgetree by dié jaarlikse musiekfees, wat gehou is by Hylands Park in Chelmsford, Essex, en daarna duisende rande se peri-peri-hoender van die Portugese kitskosrestaurant bestel vir haar en haar gevolg.

Die 31-jarige ster, wat bekend is vir haar liefde vir Nando’s, se bestelling het 48 heel hoenders, 580 speseryvlerkies, 48 porsies skyfies, 24 bakkies koolslaai, 24 porsies speseryrys en 12 groenteburgers ingesluit.

’n Bestuurder by ’n Chelmsford-tak van Nando’s het aan BBC News bevestig ’n lid van Beyoncé se gevolg het die bestelling geplaas, en volgens ’n kwitansie wat op Twitter geplaas is, is die enorme bedrag kontant betaal.

Beyoncé eet graag Nando’s wanneer sy in die Verenigde Koninkryk is, maar haar jongste bestelling klop die amper R12 000 wat sy in Mei by Nando’s geblaas het toe sy in Dublin, Ierland, was vir haar The Mrs. Carter Show-wêreldtoer.

Die vrygewige ster en haar toerspan het ná haar konsert in die O2-arena in Dublin 28 heel hoenders en ’n hele klomp bygeregte verorber, waaronder skyfies, mielies aan die stronk en knoffelbrood.

beyonce-slip