Dis seker die grootste lof: Die tienersusters Chloe en Halle Bailey was hoog in hul skik nadat Koningin Bey hul weergawe van haar liedjie Pretty Hurts op haar Facebook-blad geplaas het, met hierdie boodskap daarby: “So wonderlik talentvol!”

Chloe (15) en Halle (13) het dadelik getwiet: “SJOE! BEYONCé HET ONS WEERGAWE GEPLAAS! HOE WONDERLIK IS DIT!?!?”

Hier is ’n paar lekker feite oor die susters:

  • Hulle sing en speel toneel vandat hulle onderskeidelik twee en drie was.
  • Chloe speel klavier en Halle kitaar.
  • Hulle was al te sien in flieks soos The Fighting Temptations, House of Payne en Meet the Browns.
  • Hulle het al gewerk saam met onder andere Beyoncé, Queen Latifah en Tyler Perry.
  • Die suster het meer as 10 miljoen trefslae op YouTube gekry en was al twee keer gaste op Ellen DeGeneres se program.
  • Hulle word geïnspireer deur kunstenaars soos Whitney Houston, Michael Jackson en Beyoncé.

Bron: www.chloeandhalle.com

Kyk na ons gunstelingliedjies deur die talentvolle susters:

Pretty Hurts, Beyoncé

http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=uPuduhxOvw

Story of my Life, One Direction

http://www.youtube.com/watch?v=ecCyDhG0oYw&list=UUKvu7JgqK7-ZKUKHC33meEw

Monster, Eminem en Rihanna

http://www.youtube.com/watch?v=fcDCwOwzEBc&list=UUKvu7JgqK7-ZKUKHC33meEw

Wake me up, Avicii

http://www.youtube.com/watch?v=YhEJHIucMRY&list=UUKvu7JgqK7-ZKUKHC33meEw