[caption id="attachment_57633" align="aligncenter" width="600"]Beyoncé en Valentina. Foto: Tumblr Beyoncé en Valentina. Foto: Tumblr[/caption]

Valentina, ’n danseres van Australië, het tydens Beyoncé se konsert ’n foto van haarself geneem toe Mev. Carter skuins agter haar ook vir die kamera glimlag. Die tiener het ’n paar dae ná die konsert die foto van haar en Beyoncé op Tumblr gedeel en in ’n reeks blog-inskrywings vertel wat gebeur het.

“Ek kan nie glo dit het met my gebeur nie,” het Valentina geskryf. “Wowoowow dit was die beste oomblik nog.”

Beyoncé is tans besig met haar Mrs. Carter-wêreldtoer.

Bronne: eonline.com, tumblr.com