Die man wat na bewering sy vrou en twee kinders doodgeskiet het sal na verwagting Maandag weer in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn. Fanie du Preez se verhoor sal op 10 Oktober in Vereeniging begin.

Vroeër vandag

Fanie du Preez is aanhouding nadat die die hof sy aansoek om borgtog in Desember 2015 afgekeur het. Hy het na bewering sy vrou, Thea (43), en hul twee kinders, Carlia (17) en Phillip (14), doodgeskiet.

Die hof het tydens die hofaansoek gehoor Fanie het vir die polisie drie verskillende weergawes van die gebeure die aand waarop sy gesin vermoor is, gegee.

Hy het eers aan die polisie gesê inbrekers het die moorde gepleeg. Maar toe hy van die polisiekantoor af terugkeer, het hy sy weergawe verander en Nigeriese dwelmbase vir die misdade blameer. ’n Dag later het hy sy weergawe weer aangepas en toe Libanese dwelmbase die skuld gegee.

Hy het sy dogter na bewering ses keer geskiet en drie skote op sy seun afgevuur, waarvan een hom in die kop getref het. Sy vrou het twee koeëlwonde aan haar kop gehad.

Bron: News24

Ook op Huisgenoot.com

Gwyneth Paltrow se pynlike velsorgroetine

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!

Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?