Die Sunday Independent het berig oor bewerings van bedrog by die Universiteit van Johannesburg. 

“Daar is ’n volledige forensiese ondersoek oor die bewerings,” het die universiteit se woordvoerder, Herman Ersterhuizen, aan News24 gesê.

Hy het geweier om te identifiseer waaroor die bewerings gaan. 

Maar die Sunday Independent berig die twee senior bestuurders word van bedrog in verband met R25 miljoen beskuldig.

Die koerant beweer die geld is blykbaar gebruik om die twee amptenare se persoonlike sakeondernemings te bevoordeel. 

Bron: News24