Verlede jaar is 668 renosters gestroop in Suid-Afrika alleen. En dis hartseer om te sê, maar hierdie jaar blyk dit geensins anders te wees nie met 446 renosters reeds gedood teen einde Junie 2013. ? Nuwe benadering is wat regtig nodig is om dit vir altyd stop te sit – vir almal. Sabi Sand-wildtuinvereniging se eiendomseienaars is een van die organisasies wat ? ander benadering het en nuwe hoop bring om hierdie spesie te bewaar.

“Die voorkoming van die huidige teistering is ? stryd wat ons moet oorkom,” sê Andrew Parker, HUB van die Sabi Sand-wildtuinvereniging. “Ons sterkste beskikbare reaksie teen onwettige renosterstropery is om die bedryf van onwettige renosterhoringhandel te stop voordat dit ons bestaande besigheid saboteer.”

“Ons is besig om ? boodskap deur die voorraadketting te stuur dat enigeen wat die renosterhoring van Sabi Sand vir medisyne gaan gebruik hul gesondheid in gevaar stel”, sê Parker. Hul benadering maak gebruik van ? gifstof wat in die horings ingespuit word. Volgens die baanbreker dr. Charles van Niekerk van die leeu-en-renosterreservaat by  Kromdraai, noord-wes van Johannesburg, is hierdie konkoksie onskadelik vir die renosters, maar indien ? mens dit vir tradisionele (en vals) medisinale doeleindes gebruik, kan hy baie siek word.

“Sabi Sand neem die voortou met hierdie program want ons is geleë in die kern van hierdie probleem in die mees suidelike deel van die Krugerwildtuin, wat gebuk gaan onder 70% van die renosterslagtings,” sê Parker, en as ons gelukkig is, kan ons die getalle afbring met hierdie veldtog.

Soos jy jou seker kan  voorstel,  is dit ? duur proses om te implementeer en die Sabi Sand-wildtuinvereniging is op soek na vrywillige donasies en soveel moontlik mense om die boodskap van hierdie inisiatief te versprei en om seker te maak dat hierdie veldtog werk. Dit is Sabi Sands-wildtuin se storie om te help. Indien jy wil help:

#youcanhelp