Die Franse opsporingsagentskap het kort gelede bevestig dat die seine wat deur ’n Franse vlootvaartuig, Laplace, opgetel is, inderdaad afkomstig is van die EgyptAir-vliegtuig wat verlede maand met 66 mense aan boord in die see neergestort het.

Vroeër vandag

Die vermoede is sterk dat die seine van die gedoemde EgyptAir-vlug wat Donderdagoggend, 19 Mei, in die see neergestort het.
Sedertien word daar steeds onverpoos gesoek na die presiese ligging van die vlugopnemers wat hopelik meer lig sal werp op wat werklik met die vlug skeefgeloop het. Lees ook: Skoknuus in ondersoek na gedoemde EgyptAir-vlug bekend gemaak Op 24 Mei is hoofsaakklik persoonlike besittings, reddingsbaadjies, vliegtuigsitplekke en 80 liggaamsdele herwin. Die liggaamsdele is glo kwalik meer as klein stukkies mens.

Gissinge rondom ’n terreuraanval en selfs die moontlikheid dat die vliegtuig deur ’n komeet getref is, doen sporadies die ronde.

Ander stories op Huisgenoot.com

Raaisel om rits skokmoorde op Krugersdorp verdiep

80 honde en katte van kant gemaak nadat DBV se hokruimte opraak

Groot nuus vir sepieliefhebbers

Ma probeer kind se moord verdoesel en beskuldig 7-jarige: ‘Jy het hom doodgemaak’

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer