Netwerk24 berig die eenheid is "uitsonderlik stabiel en betroubaar" volgens Eskom se uitvoerende hoof van tegnologie Matshela Koko.

Eenheid ses van Medupi is gister tydens 'n feestelike atmosfeer in gebruik geneem, hoewel vyf jaar laat.

Dit sal voortaan ononderbroke 795 megawatt (MW) aan die netwerk lewer.

Te danke hieraan kan instandhoudingswerk aan Koeberg, Suid-Afrika se enigste kernkragstasie, ook nou voortgaan.

"Ons is taamlik seker dat ons die res van die jaar geen beurtkrag gaan hê nie. Indien iets onvoorsiens gebeur, sal ons hoogstens fase 1-beurtkrag instel en dit sal kortstondig wees," het Matshela gesê.

"Die volgende gevaartyd is eers Februarie volgende jaar, wanneer die vraag na elektrisiteit weer kan begin toeneem."

Die projekspan by Medupi reken dit is moontlik om die volgende eenheid vroeër as die verwagte eerste helfte an 2017 in bedryf te bring. Die meganiese werk aan eenheid vyf is reeds voltooi.

Bron: Netwerk24

Lees ook op Netwerk24: