Bloemfontein – Die Vrystaat is die eerste provinsie in die land wat by al hul munisipaliteite beurtwater ingestel het. Hier is vier goed wat jy oor beurtwater moet weet:

  • Elke munisipaliteit spaar meer as ’n miljoen liter water per dag danksy beurtwater.
  • Suid-Afrika verloor meer as R7 biljoen per jaar weens die verlies aan water.
  • Hoewel beurtwater ’n doeltreffende manier is om water te bespaar, het dit ’n impak op watergehalte.
  • Beurtwater was deur die geskiedenis heen ’n algemene praktyk in Europese lande.

Watertoevoer in die provinsie sal na verwagting tussen 21:00 en 05:00 elke dag onderbreek word. Elke dag word ’n sekere hoeveelheid water aan elke huishouding en onderneming in die betrokke gebiede toegeken.

Vrystaters in sekere munisipaliteite sal met tussen R2 000 tot R20 000 beboet word as hulle tydens die huidige droogte water mors.

Luidens ’n verklaring van die premier, Ace Magashule, het die provinsie minder as 30 dae se watervoorraad gehad. Die misbruik van water en mense wat nie hou by die beperkings nie, sal die situasie vererger, lui die verklaring.

Daarby is gewaarsku in dié tyd sal gesondheidsdienste die meeste geraak word.

Bron: News24