Almal dink Bettie Kemp is terug, maar eintlik was sy nooit weg nie.

Sy sê dit half ergerlik, draai haar klein koppie skeef van verontwaardiging: “Mense vra: ‘En nou? Nou’s jy terug, ná al die jare.’ Dan sê ek: Ek was nie weg nie; ek het absoluut my as af gewerk.”

Maar ja, ná 20 jaar van onder meer radiowerk en die maak van dokumentêre, is Bettie terug op TV, dié keer as ’n aanbieder van kykNET se nuwe regstreekse oggendprogram, Dagbreek.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.