Toe sy haar laaste toekenning ontvang, het sy volgehou dit behoort eintlik aan Beyoncé.

Die sangeres, wat die geleentheid met haar liedjie Hello geopen het – wat haar die toekennings vir opname- en liedjie van die jaar en beste pop solo-vertoning in die sak gebring het – het die geleentheid afgeëindig met ’n onbaatsugtige huldeblyk aan haar “heldin”, Beyoncé.

via GIPHY
Sy was duidelik geskok toe sy album van die jaar wen – bo Beyoncé se Lemonade – en het die verhoog by die Staples-sentrum in trane betree en die R&B-superster, wat in die voorste ry met haar man, Jay-Z, gestaan het, lof toegeswaai.
“Ek kan nie hierdie toekenning aanvaar nie en ek voel baie nederig en dankbaar. Beyoncé is my gunsteling-kunstenaar en haar album Lemonade was monumentaal,” het sy gesê. “Dit was so goed deurdink en pragtig en sielsontblotend en ons het almal ’n ander sy van jou gesien wat ons nie altyd sien nie en ons waardeer dit.

“Al ons kunstenaars is versot op jou. Jy is ons lig. En die manier hoe jy my en my vriende laat voel, die manier hoe jy my swart vriende laat voel, is bemagtigend. Jy laat hulle opstaan vir hulself. Ek’s lief vir jou.”

Toe sy ’n paar minute vroeër die prys vir opname van die jaar ontvang het, het sy aan Beyoncé gesê: “Jy roer elke liewe dag my siel en doen dit al vir 17 jaar. Ek is versot op jou . . . en ek wil hê jy moet my mamma wees!”

David Bowie het ook vyf pryse gewen. Sy laaste album, Blackstar, wat enkele dae voor sy dood verlede jaar uitgereik is, is bekroon.

Adele het die wenkbroue laat lig toe sy weens klankprobleme haar Fast Love-huldeblyk aan George Michael gestop en oor begin het. Beyoncé, wat met twee toekennings huis toe is, het ook beïndruk tydens haar kragtige opvoerings van Love Drought en Sandcastles.

Hier is die wenners van die toppryse:

Opname van die jaar

Hello - Adele

Album van die jaar

25 - Adele

Liedjie van die jaar

Hello - Adele (Adele Adkins & Greg Kurstin)

Beste nuwe kunstenaar

Chance The Rapper

Beste Pop Solo-opname

Hello - Adele

Beste Pop-album

25 - Adele

Beste Dans-opname

Don't Let Me Down - The Chainsmokers saam met Daya

Beste Rock-opname

Blackstar - David Bowie

Beste Rockliedjie

Blackstar - David Bowie

Beste Rock-album

Tell Me I'm Pretty - Cage The Elephant

Best R&B-opname

Cranes In The Sky - Solange

Beste Kontemporêre Album

Lemonade - Beyonce

Beste Rapliedjie

Hotline Bling - Drake (Aubrey Graham & Paul Jefferies)

Beste Rap-album

Coloring Book - Chance The Rapper

Beste Countryliedjie

Humble And Kind - Tim McGraw (Lori McKenna)

Beste Country-album

A Sailor's Guide To Earth - Sturgill Simpson

© Cover Media