[caption id="attachment_116348" align="alignnone" width="600"]Foto: Wikipedia Foto: Wikipedia[/caption]

“Dit het skynbaar gisternag op ’n lang strook pad gebeur. Sestien is dood gevind en ons moes een uit sy lyding verlos,” het Michael Beatty, woordvoerder vir die Koninklike Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Queensland, gesê.

Die voorval het op Grindle-weg aan die buitewyke van Brisbane, die hoofstad van die noordoostelike staat Queensland, plaasgevind.

Lees ook: Dis tyd om ballonne af te blaas

“Die kangaroes is binne 137m van mekaar gevind. Hulle was erg vermink. Daar was ’n groot mannetjie ook, maar meestel jong kangaroes,” het Michael oor die foon aan DPA gesê.

“Die kangaroes kom gewoonlik snags na die kant van die pad. Daar is baie van hulle in die gebied, maar die bestuurder het beslis die kangaroes met opset raakgery. Dit was geen ongeluk nie.

Lees ook: Heldhaftige bulterriër red SA vrou van kobra

“Ons ondersoek die voorval en het die publiek vir inligting gevra,” het Michael gesê.

Verlede Oktober het die polisie ’n 18-jarige Australiër daarvan aangekla dat hy meer as 100 grys kangaroes in Nieu-Suid-Wallis met sy voertuig raakgery het.

Bron: News24