Die invloedryke Oxford English Dictionary het vandeesmaand sowat 900 nuwe woorde by sy lys erkende Engelse woorde gevoeg.

Onder hierdie woorde tel die woord vir ’n beste vriend, bestie, sowel as beatboxer, die naam vir iemand wat musiek met sy mond namaak.

Jy hoef ook nie meer ’n leesverslaafde wat pal met sy neus in ’n boek sit ’n boekwurm te noem nie, want bookaholic is nou ook in die woordeboek.

Die gewildheid van selfdoenwebtuistes en blogs sit waarskynlik agter die opneem van DIYer, terwyl sokkerliefhebbers bly sal wees dat scissor-kick, die skop waar jou bene in ’n skêr-beweging verbymekaar beweeg, ook opgeneem is.

Die woordeboek word vier maal per jaar bygewerk.

Bron: BuzzFeed, oed.com