“Al het Suid-Afrikaanse vebruikers oor Desember finansiële verligting gehad omdat hul netto inkomste meer was... is die aanduidings dat die verhoging in besteebare inkomste weereens die res van die jaar stadiger as inflasie sal wees,” sê Brad Gillis, die uitvoerende hoof van BankservAfrica in ’n verklaring.

“Dit beteken eenvoudig hoër pryse, met minder geld om die rekeninge te betaal. En dit is gewis onwelkome nuus, veral vir die 70 persent van die werkmag wat minder as R12 000 per maand huis toe vat.”

Brad sê Suid-Afrikaanse salaristrekkers se netto salaris was in Februarie gemiddeld R11 641, wat 6,4 persent hoër as ’n jaar gelede is.

“Maar in reële terme het die netto salaris op ’n jaar-tot-jaar-grondslag in Desember met net 0,5 persent toegeneem. Nadat dit uitgestryk en aangepas is, het die IBI eintlik tussen Desember 2013 en Januarie 2014 met R12 afgeneem,” sê hy.

Dit blyk Suid-Afrikaners met poste in die formele sektor het oor die algemeen salarisverhogings ver bo ons amptelike inflasiekoers ontvang, al het die koers van ware verhogings vinnig afgeneem.

“Dit is heel moontlik dat Suid-Afrikaanse besteebare salarisse weer onder die inflasiekoers sal wees namate inflasie toeneem en verhogings ’n nominale afname toon.”

- Sapa