Hierdie twee #BestiesForever het dié konsep onlangs nuwe betekenis gegee toe hulle uitvind hulle is eintlik biologiese sibbes.

[caption id="attachment_176869" align="aligncenter" width="600"]Georgia Bond. FOTO: Facebook Georgia Bond. FOTO: Facebook[/caption]

Die beste vriende Jack Bowman en Georgia Bond, van Liverpool, het altyd geskerts hulle is eerder broer en suster.

Albei is met in vitro-bevrugting (IVB) verwek en Jack het Brittanje se owerheid vir menslike bevrugting en embriologie genader, ’n groep wat van 1 Augustus 1991 af van alle IVB-geboortes rekord hou, om sy spermskenker se identiteit te help vasstel.

[caption id="attachment_176868" align="aligncenter" width="600"]Jack Bowman. FOTO: Facebook Jack Bowman. FOTO: Facebook[/caption]

Jack se resultate het teruggekom en ook getoon hy het ’n suster wat in 1998 gebore is. Dit het Georgia aangespoor om ook haar spermskenker se idenditeit te versoek en die vriende het angstig op die uitslag gewag.

Georgia het die ervaring op Facebook gedeel.

“Ná weke van by die posbus sit met beide opwinding en vrees, het ons vandag uitgevind ons het dieselfde spermskenker en is dus tog broer en suster,” skryf sy. “Nou die gelukkigste mens ooit. Aan almal wat (deur middel van) IVB (gebore is), versoek jou besonderhede – dis die beste ding wat ek nog gedoen het. Wonderwerke gebeur wel.”

Dis nou waarlik ’n geval van vriende wat familie geword het.

Bronne: nzherald.co.nz, metro.co.uk, dailymail.co.uk