Die spanne by die Imperial College London en die Universiteit van Glasgow het ondersoek hoe om kos meer vullend te maak en te verhoed dat hulle hul ooreet, wat tot die natuurlike aanvulling gelei het.

Dit bevat propionaat, wat die derm aanmoedig om hormone vry te stel wat die brein die liggaam laat weet dit is versadig. Die span hoop blykbaar dit kan by items soos brood gevoeg word en verhoed dat mense hulle ooreet.

Propionaat word natuurlik in die derms vervaardig, maar die aanvulling het ’n groter hoeveelheid as wat die mens van nature het.

Om die uitwerking op mense te help bepaal, het wetenskaplikes 20 mense gestoets. Dié wat die aanvulling, inulien-propionaat ester, ontvang het, het meer as ’n tiende minder by ’n buffet geëet as dié wat dit nie gekry het nie. ’n Ander groep oorgewig mense is oor ’n langer tydperk getoets en die span het ontdek dié wat die aanvulling geneem het, het oor 24 weke aansienlik minder gewig aangesit.

Die span ondersoek nou maniere om die aanvulling op die mark te kry.

“Ons weet volwassenes sit gemiddeld 0,2 en 0,8 kg per jaar aan. Daar is ’n werklike behoefte om dit te voorkom,” het prof. Gary Frost van die Imperial College London verduidelik.

“Molekule soos propionaat stimuleer die vrystelling van hormone in die derm wat eetlus beheer, maar jy moet ’n groot aantal vesel eet om ’n sterk uitwerking te kry.

“Ons het ’n doeltreffender manier gesoek om propionaat in die derms te kry.”

Die bevindings is in die vaktydskrif Gut gepubliseer, en die span ondersoek nou maniere om die aanvulling op die mark te kry.

Terwyl dit ’n waardevolle wapen in die geveg teen vetsug kan wees, sal dit nie ’n wonderkuur wees nie. Dit is liewer iets wat saam met ’n dieet- en oefenplan gebruik moet word. Moet dus nie dink jy kan eet net wat wil as jy die aanvulling drink nie – niks kan vrugte, groente en ’n dieet laag in versadigde vet vervang nie.

© Cover Media