Bobtail, Dogmor, Bonzo en “sekere verkopers se eie handelsmerke” wat Foodcorp vervaardig, is na bewering landwyd van rakke verwyder.

Volgens Die Burger sluit dit onder meer Pick n Pay se No Name- droë hondekos in.

Die besmette besending kan braking en lae gewigstoename by honde veroorsaak.

Volgens Foodcorp is die kos herroep weens die besmetting deur die mikotoksien deoksinivalenol. Dit staan algemeen bekend as vomitoksien en kom voor in mielies en koring.

Foodcorp het gesê die herroeping nie weens veiligheid nie, maar eerder weens besorgdheid oor die kwaliteit van dié produkte.

Die besmette produkte is vermoedelik tussen 4 en 23 Junie 2014 vervaardig berig Die Burger.

Volgens Pick n Pay kan klante wat dié hondekos voor verlede Vrydag gekoop het, dit terugbring vir ’n terugbetaling.

Bronne: Die Burger, IOL