Die beskuldigde – wie se identiteit geheim gehou word om sy gesin te beskerm – het Woensdag ’n beëdigde verklaring ingedien waarin hy om borgtog pleit. Hy het gesê hy is nie ’n vlugrisiko nie en het nie familie oorsee nie.

Die staat, wat die borgtog teengestaan het, het twee getuies geroep om hul saak te ondersteun.

Ao. Rudolf Jansen, die ondersoekbeampte, het die hof vertel van die gru-toestande waarin die gesin geleef het en die beserings wat minstens een van die kinders opgedoen het, wat die pa na bewering veroorsaak het.

Die forensiese en sielkundekenner Gerhard Labuschagne het aan die hof gesê dat hy tydens sy kort ontmoeting met die beskuldigde geen tekens van geestesongesteldheid gesien het nie. Hy het die hof aangeraai om borgtog teen te staan.

Die beskuldigde se suster se skoonma het in sy guns getuig.

Sy het gesê die beskuldigde se vrou het ook haar kinders aangerand.

Inwoners en nie-regeringsinstansies het Woensdag buite die hof betoog, in die hofgalery gesit en ’n petisie ingedien wat gesit en ’n petisie ingedien wat sê die man moet agter tralies bly.

- Sapa