“Ons sal ons berus in die hof se besluit,” het Linda Grimbeek, ’n woordvoerder van die Kruger Laeveld toerisme- en sakekamer, aan die koerant gesê.

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag die aansoek vir die herinstelling van die naam Nelspruit tersyde gestel. Die sakekamer het die naamverandering betwis omdat hulle glo die naamveranderingsproses was gebrekkig. Sy het gesê die regter het hul aansoek met koste verwerp omdat die naamverandering vier jaar gelede in die staatskoerant gepubliseer is. “Hy het gesê ons kan nie die verloop van die geskiedenis verander nie.”

Linda het gesê die organisasie se prokureur sal die beslissing bestudeer. Sibongile Nkosi, ’n woordvoerder van die departement van kultuur, sport en ontspanning in Mpumalanga, het die beslissing verwelkom. “Ons kan vorentoe beweeg met die mandaat om mense te verenig,” het sy gesê. Sibongile het gesê die verandering van naamborde in die stad sal bespoedig word.

- Sapa