Altesaam 54 vermeende lede van ’n kubermisdaadsindikaat het volgens die Valke Dinsdag voorgekom in die landdroshof op Nigel.

Hulle word aangekla van bedrog, diefstal, geldwassery en afpersing omdat hulle na bewering R15 miljoen deur phising-skelmstreke gesteel het.

Die Valke-woordvoerder, kapt. Paul Ramaloko, het gesê dat die saak tot 26 November uitgestel is.

-   SAPA

sapalogo