’n Man het in ’n lykshuis wakker geword nadat hy die vorige aand kwaai gedrink het.

Marek Michalski (56) is dood verklaar nadat ’n verbyganger hom in Pole op ’n bank sien lê het. Lede van die publiek kon nie ’n pols voel nie en mediese werkers het hom toe na ’n lykshuis toe gestuur.

Hy het aan die plaaslike media gesê: “Ek onthou ek het op ’n bank gesit en toe word ek in ’n lykshuis wakker.

“Iemand moet hiervoor boet. Ek kry nou nagmerries dat dokters my opsny wat nie besef ek lewe nog nie en ’n nadoodse ondersoek wil doen.”

Hy wil nou die hospitaal dagvaar.