Volgens die plaaslike nuuskanaal KPTV het Jesse-Cole Shaver Dinsdag naby ’n rivier in Oregon City met ’n groep kinders gespeel toe een van hulle op ’n byekorf trap, wat die insekte die lug ingestuur het. Almal het gevlug, behalwe Jesse-Cole, wat gesukkel het om weg te kom en minstens 24 keer gesteek is.

Gelukkig het die seun se hond hom gou te hulp gesnel.

“Hades het my gesien en sy het my op tot by die gras kom trek,” het Jesse-Cole aan KPTV vertel. “Sy het my op haar rug laat kruip en my na my ma geneem.”

Bronne: Huffington Post, NY Daily News