Troeteldiere wat bang is vir donderstorms, sal waarskynlik ook vir vuurwerke skrik. Dis raadsaam om voorsorgmaatreëls te tref en te keer dat jou diere vreesbevange raak, al weet jy glad nie hoe hulle gaan reageer nie.

Vuurwerk kan baie troeteldiere paniekerig maak. Ons hoop hierdie wenke sal help om jou diere ontspanne en veilig te hou.

  • Meer troeteldiere hardloop weg tydens vakansies wanneer klappers geskiet word as enige ander tyd van die jaar. As jou diere ook die hasepad kies, sal naamplaatjies of mikroskyfies hulle help uitken sodat hulle gou weer tuis kan wees.
  • As dit moontlik is, bly saam met jou diere tuis as jy dink vuurwerke gaan in jou buurt afgeskiet word.
  • Maak hulle in die huis toe wanneer jy nie daar kan wees nie. Maak seker jou troeteldiere het toegang tot hul geliefde “veilige plek” of tot ’n stil, gemaklike, toe vertrek waarin hulle kan, sou hulle wou. Maak seker hulle kan nie by ’n deur of venster uitkom nie.
  • Probeer die lawaai verbloem deur die gordyne toe te trek en rustige musiek teen ’n aanvaarbare volume te speel.
  • Plaas bekende en gerusstellende items by hulle, soos speelgoed en mandjies.
  • Gee hulle iets om te doen, soos ’n kouding vir jou hond of ’n kattekruid-speelding vir katte.
  • As jou troeteldiere sleg op klappers reageer, kry betyds raad by jou veearts.
  • Jy kan jou troeteldiere ook skemertyd lekker kos gee. Dit sal hulle heel moontlik slaperig maak; dalk hoor hulle nie eers die lawaai nie.