Onlangse navorsing waarvan die uitslag in die British Medical Journal gepubliseer is, toon die kalium in vrugte en groente werk voordelig in op bloeddruk. Twee of drie ekstra porsies groente of vrugte per dag kan jou risiko vir beroerte verlaag.

Die navorsers het meer as 128 000 gesonde deelnemers ondersoek en bevind meer kalium per dag (3-4 g) verminder die risiko vir ’n beroerte met ’n kwart.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het vir die eerste keer riglyne vir kaliuminname bekendgemaak en sê volwassenes moet meer as 4 g kalium per dag inkry, wat neerkom op vyf porsies kaliumryke vrugte en groente per dag.

Kalium kom veral in piesangs, groente, neute, sade, melk, vis en hoender voor.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.