Maar dit blyk ’n aaklige ongeluk te wees; die vier kinders kon in die vrieskas geklim het wat lugdig sluit wanneer dit toemaak. Die kinders, drie seuns en ’n meisie, is die middag halftwee laas gesien en hul lyke is die aand omstreeks halfses ontdek.

Dit moet nog vasgestel word of dit ’n tragiese ongeluk of ’n aaklige moord was, maar sulke voorvalle plaas weer die klem op die belang van veiligheid in die huis.

-        Maak seker jy weet altyd waar jou kinders is nie, en dat daar altyd toesig is, veral by jonger kinders.

-        Maak seker alle potensieel gevaarlike ruimtes soos swembaddens en gate in die grond is bedek.

-        As jy bou of verbeteringe aan die huis aanbring, moet jy jou kinders waarsku dat hulle ekstra versigtig moet wees en nie tussen die steierwerk of boumateriaal moet speel nie.

-        Leer jou kinders om versigtig te wees om kaste en ander meubels wat kan toeklap en hulle vaskeer.

-        Loer gereeld by jou kinders in om seker te maak hulle is veilig.

-        Wees bedag op skielike stilte – dit beteken gewoonlik moeilikheid.

- Sapa