Ons het Willem Botha vinnig vasgetrek vir 'n paar blitsige vrae voor die Namaqua-fees hierdie naweek.

Wat was die laaste fees waar jy opgetree het?

By die Gariepfees in Kimberley.

Het jy al by die Namaqua-fees opgetree?

Ja, dis een van ons land se lekkerste feeste en die mense se gees is aansteeklik.

Waar is jou volgende optrede?

Die volgende twee weke is nogals chaos. Ek doen Deon Opperman se Grensoorlog-teaterproduksie, Tree Aan, by die Staatsteater Woensdag, Donderdag en Sondag.

Vrydagaand tree ek op by Nikitas in Bellville en Saterdag is ek by die Namaqua-fees.

Volgende Maandag en Dinsdag is ek weer in die Kaap vir ‘n paar vertonings en dan vlieg ek blitsig terug om Woensdag tot Sondag weer vir Tree Aan op die verhoog te wees.

Wat is jou gunsteling fees-kos?

Hulle noem dit 'n “pizza cone”. Dit is so ‘n interessante pizza-stalletjie. Dit is ongelooflik lekker. Dit lyk byna soos roomys.

Hoe gaan dit met die Tree Aan-verhoogproduksie?

Ons is nog tot 6 November by die Staatsteater. Dit is so groot voorreg om deel van die produksie te wees en saam met Deon Opperman te werk.

Ek leer ongelooflik baie en word blootgestel aan 'n hele nuwe mark.

Hoe lyk ‘n tipiese week in jou lewe?

Ek is regtig gelukkig, bevoorreg en ongelooflik dankbaar om lekker besig te wees.

Ons is besig met ‘n nuwe solo-album wat volgende jaar sal uitkom. Dan is ek ook in ‘n nuwe fliek, Pretville. Ons is nou besig met die klankopnames. Tussendeur hierdie besige skedule doen ek ook verskillende vertonings.

Het jy reeds enige planne vir Desember-vakansie? Kry jy ooit kans vir vakansie?

Ja, ek is baie opgewonde oor die Desember. Ek gaan saam met Jay en Monique Steyn in die Oos- en Wes-Kaap toer in samewerking met Huisgenoot. Ek vat gewoonlik Januarie n paar dae af. Maar ek geniet my werk baie.

Volg Huisgenoot op Twitter.