Sy het dr. Susan Brink in die trefferreeks Geraamtes in die Kas gespeel, Truie in Faan se Trein en Maria in die Deon Opperman-reeks Donkerland.

“Die benoeming was vir my ’n hengse verrassing, maar ek voel baie geëerd,” sê sy.

Weet sy al wat sy gaan aantrek? “Ja!” antwoord sy. “My naamgenoot, die talentvolle Anel Botha, gaan my aantrek! Ek kan nie wag om te sien watter wonderlike skepping sy gaan optower nie.”

Ander benoemdes in dié kategorie is:

  • Rolanda Marais – Donkerland
  • Lizz Meiring – Molly & Wors
  • Jana Strydom – Donkerland, Swartwater
  • Hélène Lombard – Donkerland, Geraamtes in die Kas
  • Donnalee Roberts – Pad na Jou Hart

Stem sommer nou vir jou gunsteling, want een leser kan vanjaar met Suzuki ter waarde van R180 000 wegstap. Dié splinternuwe model word eers in Junie in Suid-Afrika bekendgestel; jy kan dus een van die heel eerste Suid-Afrikaners wees wat hiermee spog! En daar is ook Samsung-slimfone op die spel!

STEM HIER VIR JOU GUNSTELINGE - SMS OF AANLYN!

- Joshua Carstens

FB