Die Daily Voice het Vrydag berig dat Jacob Humphreys op 9 Desember op parool vrygelaat sal word.

Hy het vier jaar se tronkstraf by die Paardeberg-tronk in Paarl uitgedien.

Jacob het in 2010 met ’n trein gebots by die Buttskop-spooroorgang by Blackheath. Hy het die versperring geïgnoreer en by ’n hele ry karre verby gejaag. Toe hy oor die spoorlyn wou ry het ’n aankomende trein die taxi getref.

’n Vonnis van 20 jaar is in 2011 opgelê toe Jacob skuldig bevind is aan 10 aanklagte van moord en vier aanklagte van poging tot moord. Maar ná hy geappèlleer het, is hy skuldig bevind aan strafbare manslag en die vonnis is verminder tot agt jaar.

’n Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Carla Williams, het aan Daily Voice bevestig dat Jacob vrygelaat sal word en dat geen van die oorlewende kinders se ouers die besluit teen gestaan het nie.

Luidens berigte is daar wel van die ouers van die kinders dood is wat ontevrede is met Jacob se vrylating. Hulle meen daar is nie voor die tyd met hulle gekonsulteer nie.