Die aktrise Bertha Wahl, oftewel Emma van 7de Laan, se oudste dogtertjie, Kiana (6), is vanoggend vir die eerste keer skool toe. Sy het dié foto van haar en Kiana op Facebook geplaas en skryf: “Kiana se eerste dag by die skool! Ai . . . Mamma se hart!”

1081351_10151808578817811_1474993281_n(1)

Toe ons haar bel om te hoor hoe dit gaan, het sy opgewonde gesê: “Vandag is daar gemengde gevoelens van trots, heimwee en ’n titseltjie hartseer soos ons Kiana aflaai by die skool, maar meestal trots!”

- Suzanne Venter