Sy het gedink dis ’n hartaanval die dag toe die brandpyn haar by die huis oorval.

Eers was dit net in haar buik, maar skielik ook in haar bors en agter haar blaaie. Bertha le Roux het geglo sy gaan dood.

Net drie dae tevore is sy uit die hospitaal ontslaan ná ’n galblaasoperasie.

Die dokters was tevrede met haar operasie en sy is die dag ná die operasie ontslaan. Maar iewers was daar fout.