Vergeet van wedywering tussen broers en susters! Hierdie sterre het nie net die genetiese lotery gewen nie – hulle deel ook die kollig met hul sibbe

DIE AUSSIES

Die broers  (30) van Doer Onder het Hollywood oorrompel, en daar’s nog ’n broer, die 32-jarige Luke, ook ’n akteur.

Pretfeit: Liam is ook vir die rol van Thor oorweeg voor Chris dit losgeslaan het.

DIE DANSERS

Julianne en Derek Hough is albei sterre uit eie reg: Julianne (25) is ’n beroepsdanseres wat aktrise geword het met rolle in Rock of Ages en Safe Haven, en Derek (28) is ’n danser en choreograaf bekend vir sy werk in die Amerikaanse talentreeks Dancing with the Stars.

Pretfeit: Derek gaan glo uit met sy suster se beste vriendin, die Vampire Diaries-skoonheid Nina Dobrev.

DIE MODEPOPPIES EN DIE AKTRISE

Ashley, Elizabeth en Mary-Kate Olsen

Die tweeling Mary-Kate en Ashley (27) het in die kollig grootgeword as kinderakteurs voor hulle modeontwerp as loopbaan gekies het. Hul jonger suster, Elizabeth (24), is steeds ’n aktrise en het in 2011 ’n beroering versoorsaak met die rolprent Martha Marcy May Marlene.

Pretfeit: Elizabeth sal die Scarlet Witch speel in die Avengers-opvolg wat in 2015 uitgereik sal word.

SILWERDOEK-SUSTERS

Elle en Dakota Fanning

Dakota (19) het roem verwerf met haar hoofrol teenoor Sean Penn in die fliek I Am Sam van 2001. Sy het sedertdien ’n groot ster geword met ’n indrukwekkende lys rolprente agter haar naam. Haar kleinsus, Elle (15), is kort op haar hakke, met flieks soos Super 8 en We Bought a Zoo.

Pretfeit: Elle het met haar loopbaan begin deur die jonger weergawe van Dakota in die TV-minireeks Taken en die rolprent I Am Sam te speel.

MANJIFIEKE MARAS

Rooney en Kate Mara

Rooney (28) is natuurlik die bekendste vir haar Oscar-bekroonde rol in The Girl with the Dragon Tattoo, terwyl Kate (30) in BrokebackMountain en 127 Hours verskyn het.

Pretfeit: Albei susters het in 2011 verskyn in ’n fliek wat vir ’n Oscar vir beste rolprent benoem is: Rooney in The Social Network en Kate in 127 Hours.

BRONNE: glamourmagazine.co.uk, latimes.com, perezhilton.com, imdb.com