Die aanklaer David Broughton het die hof vertel Stoyan Hristov Stoychev gebruik sedert Maart false nommerplate.

“In Augustus het hy die vals nommerplate met korrekte registrasienommers vervang. Hy het drie dae daarmee bestuur voor hy dit met die vals nommerplate vervang het,” het hy gesê.

Volgens die berig kan Stoyan deur “honderde” bedrogklagte in die gesig gestaar word omdat hy op die N1 tussen Johannesburg en Pretoria bestuur het.

Elke tolbrug wat hy verbygesteek het, kan as ’n bedrogklag getel word.

Stoyan het ook na bewering ’n tweede stel vals nommerplate gebruik. Een van die plate behoort na bewering aan ’n ander motoris wat wat vir e-tol geregistreer is.

David het gesê dit is ’n groot administratiewe las vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Bpk.) (Sanral).

Stoyan is op R5 000 borgtog vrygelaat en die saak is tot Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

Sanral het die e-tolstelsel in Desember van stapel gestuur as deel van die Gauteng Snelweg Verbeteringsprojek.

Bron: Sapa /dm/mar