Trekkoord-speelgoedsak

drawstring 1

Dié sak is ideaal om blokkies of speelgoed met baie deeltjies bymekaar te hou. Dit maak plat op die vloer of waar ook al oop. Ná speeltyd word die koord bloot getrek en die sak toegemaak.

Benodigdhede

  • Potlood
  • Tou
  • Spyker
  • Skêr
  • Liniaal
  • Naaimasjien
  • Spelde
  • Haakspeld
  • Aansteker
  • Materiaal:

    • Sowat 3 m Petershamlint met ’n breedte van 5 cm – na gelang van die grootte van die sak (R14/m) R42
    • 1 m materiaal van jou keuse (kies sterk materiaal) R25
    • 1 touklamp 50c
    • 3 m valskermtou (R3/m) R9
    • Totale koste R76,50 (Alles Fabric City)

Maak so:

1. Maak ’n kompas met die tou, potlood en spyker en trek ’n sirkel op die materiaal. Die tou se lengte hang af van die sak se grootte.

drawstring2

2. Knip die materiaal op die sirkellyn uit en maak weerskante van die materiaal reg rondom ’n merk 1 cm van die kant af.

drawstring3

3. Stik ’n soom aan die een punt van die Petershamlint.

drawstring4

4. Vou die lint dubbel oor die kant van die materiaal al langs die merke wat jy in stap 2 gemaak het. Stik dit vas. Knip die lint korter. Stik nog ’n soom aan die ander kant.

drawstring5

5. Gebruik ’n haakspeld om die valskermtou te ryg deur die omhulsel wat jy nou in die lint gemaak het.

drawstring6

6. Ryg die twee punte van die tou deur die touklamp. Knoop die tou vas sodat die klamp stewig sit. Skroei die toupunte met die aansteker.

drawstring7

Nethouer

NET1

Jy kan hierdie houer aan die kant van ’n klerekas of aan die voetenent van ’n houtraambed vasheg. Dis wonderlik vir vinnig opruim. Boonop kan die kinders maklik sien waar hul goed is.

Benodigdhede

  • Skroewedraaier
  • Skêr
  • Aansteker
  • Materiaal

    • ’n Stuk krieketnet R15, Alnet
    • 2 m rekkoord (R2,5/m) R5, Fabric City
    • 4 skroewe van 4 x 25 mm R5
    • Totale koste R25

Maak so:

1. Knip die net in ’n vierkant van 45 x 45 cm.

NET2

2. Weef die rekkoord deur die buiterand van die net.

NET3

3. Maak ’n knoop met die twee punte van die koord nadat jy dit reg rondom geweef het.

NET4

4. Knip die net se kante by elke buitenste knoop en skroei die punte. Druk die punte terug in die knope sodat dit nie uitrafel nie.

NET5

5. Teken ’n vierkant van 45 x 45 cm waar jy die net wil vasheg. Draai ’n skroef in elke hoek in en rek die net oor die skroewe.

NET6

- Shelly Bergh

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.