Voor hulle begin skoolgaan   

* Bou saam met jou kind legkaart om hulle te help fokus en op ’n taak konsentreer. Werk aan ’n letter of syfer per week en gebruik foto’s en prente om hulle te help assosiasies vorm, soos A is vir appel.

* Moedig hulle aan en prys hulle baie.

*Lees vir jou kind biblioteekboeke oor skool toe gaan.

* Help hulle met maniere en hulpvaardigheid – “asseblief” en “dankie” sê en om ’n goeie helper wees.

* Ontwikkel hul onafhanklikheid deur hulle self hul knope en skoenveters te leer vasmaak. Dit is baie belangrik vir kinders wat sal koshuis toe gaan.

* As jou kind koshuis toe gaan, kan jy vir hulle ’n herinneringeboek met foto’s van die gesin maak en vir hulle van hul gunsteling-goed gee wat hulle sal vertroos.

*Besoek die skool voor die tyd om hulle met hul klaskamer en ander belangrike plekke te help vertroud maak.

*Leer hulle aanwysings volg soos om hul klere op te vou of hul speelgoed weg te pak. Dit sal hulle help om ook die onderwyseres se aanwysings te volg.

*Wees positief en probeer geesdriftig wees sonder om onredelike verwagtings te skep met stellings soos “dit gaan wonderlik wees”, want jy weet nie hoe dit sal afloop nie.

Voor die groot dag

* Laat hulle vroeg bed toe gaan. Kinders van hierdie ouderdom het minstens nege uur slaap nodig om op hul beste te kan konsentreer en funksioneer.

* Laat hulle met die voorbereidings help, soos om die aand voor die tyd hul klere reg te sit of hul kosblik in te pak.

Op die dag

* Verduidelik vir jou kind wat sal gebeur. “Ek gaan jou skool toe vat en halfagt loop. As jy huil, sal ek hartseer wees, maar ek sal steeds loop.”’

* Wanneer jy gegroet het, laat hulle in die onderwyseres se sorg. Dit sal hulle angstiger maak as jy nog bly.

* Volg die onderwyseres se leiding. By ’n kleuterskool moet jy dalk ’n paar minute lank saam met jou kind legkaart bou of ’n ander aktiwiteit doen om hulle tyd te gee om hulle tuis te maak en dan loop.  * Follow your teacher’s cue. For nursery school entrants, you could spend a few minutes doing a puzzle or some activity with them, give them time to settle, and then leave.

- Vida Li Sik