Boeke vir jou

  1. Loving Each One Best: a Caring and Practical Approach to Raising Siblings deur Nancy Samalin. Hierdie boek gaan verder as die tipiese praktiese raad wat in ander boeke voorkom. Dit bespreek ouers se gevoelens in ’n deernisvolle, pittige gids oor kinders grootmaak.
  2. Welcoming Your Second Baby deur Vicky Lansky. Met haar kenmerkende humor en praktiese raad lei sy ouers deur die oorgang van een kind na twee. Die boek bevat honderde praktiese wenke en raad vir hierdie uitdagende tydperk. Dit sluit in: hoe om die nuwe baba se koms te verduidelik, sibbe-situasies en hoe hulle liefde kan deel.
  3. Touchpoints deur T. Berry Brazelton. Hierdie boek handel oor die ontwikkelingstadium van die eerste vyf jaar van jou kleintjie se lewe, en gee praktiese raad en insig oor jou kind se innerlike lewe.
  4. The Magic Years: Understanding and Handling the Problems of Early Childhood deur Selma H. Fraiberg. Dit gaan jou ’n wonderlike oogpunt bied van hoe kinders dink, en hoe hulle optree gebaseer op hul kognitiewe en emosionele vaardighede. Hierdie boek gaan jou help verstaan hoekom jou kind vreemd om die nuwe baba optree en hoekom hulle jou nie net vir die pret teen die mure uitdryf nie.
  5. Siblings Without Rivalry: How to Help Your Children Live Together So You Can Live Too deur Adele Faber en Elaine Mazlish. Hierdie boek gee ouers die praktiese hulpmiddels wat hulle nodig het om konflik te hanteer, samewerking aan te moedig, mededinging te verminder en dit moontlik te maak vir die kinders om die vreugde van hul spesiale verhouding te ervaar.

Boeke vir jou kinders

  1. A New Brother or Suster deur Charlotte Guillain. Met foto’s en eenvoudige teks kan jong lesers leer wat hulle kan verwag wanneer ’n nuwe baba by die gesin aansluit.
  2. We Have a Baby deur Catheryn Falwell. Dit is ’n wonderlike storie oor hoe ’n gesin (die ouer kinders inkluis) vir daardie nuwe baba kan omgee en hulle liefhê. Dit is maklik om te lees en perfek vir storietyd met ’n jonger kleuter.
  3. There’s Going to Be a Baby deur John Burningham. Hierdie boek gaan jou kind help voorberei op die geboorte van ’n boetie of sussie en lei die jong leser deur die opwinding van die swangerskap tot die geboorte van die nuwe aankomeling.
  4. Share! deur Anthea Simmons. Dit is moeilik om alles te deel, en kinders kan ’n wrok koester. Hierdie boek gaan kinders daardie gevoelens tussen ’n ouer en jonger kind help verken.
  5. Baby on Board deur Kes Gray. Dit is ’n goeie beginpunt om die feite van die lewe met jong kinders te bespreek. Dit kan die verwagtinge help bepaal van hoe ’n ma se swangerskap ’n ouer kind se lewe kan verander.

- Janine Nel

Bronne: babyzone.com, hobomama.com, parents.com, babycentre.co.uk