’n Egpaar van Australië beleef tans elke ouer se grootste nagmerrie: Anthony Maslin en sy vrou, Marite (Rin) Norris, se drie kinders is almal in die MH17-ongeluk dood. Die Malaysia Airlines-vlug is na bewering deur rebelle in oos-Oekraïne afgeskiet.

Die 12-jarige Mo, die 10-jarige Evie (10) en die agtjarige Otis was saam met hul oupa Nick Norris op pad terug huis toe voor die begin van die nuwe skoolkwartaal. Nick is ook oorlede.

“Ons pyn is steeds intens en meedoënloos. Ons leef in ’n hel erger as die hel,” het Anthony en Rin gesê.

Nick het Anthony en Rin oortuig om ’n paar dae langer in Nederland te bly sodat hulle alleentyd kon hê.

Mo was ’n groot sokkerliefhebber en het vir sy plaaslike klub se junior span gespeel. Die egpaar het deur Australië se departement van buitelandse sake ’n verklaring uitgereik.

VERKLARING VAN ANTHONY MASLIN EN RIN NORRIS

’n Boodskap aan die soldate in die Oekraïne, die politici, die media, ons vriende en familie.

Ons pyn is steeds intens en meedoënloos. Ons leef in ’n hel erger as die hel.

Ons babas in nie hier by ons nie – ons moet elke dag en elke oomblik van ons lewe met hierdie grudaad saamleef.

Niemand verdien dit was ons deurmaak nie, nie eens die mense wat ons hele gesin uit die lug geskiet het nie.

Geen haat ter wêreld is so sterk soos die liefde wat ons vir ons kinders, Mo, Evie en Otis, het nie.

Geen haat ter wêreld is so sterk soos die liefde wat ons vir oupa Nick het nie.

Geen haat ter wêreld is so sterk soos die liefde wat ons vir mekaar het nie.

Dit is ’n onthulling wat ons tot ’n mate troos.

Ons vra almal om dit te onthou wanneer julle enige besluite maak wat ons en die ander slagoffers van hierdie tragedie raak.

Tot dusver het familie en vriende ons elke oomblik omring sedert ons by die huis aangekom het. Ons bid desperaat dat dit so bly, want hierdie uitdrukking van liefde is al wat ons aan die lewe hou. Ons wil steeds weet oor jul lewe, die goed en die sleg. Ons het nie meer ’n lewe wat ons alleen wil leef nie. Ons wil dus die geleentheid gebruik en almal bedank, al ons ongelooflike vriende, familie en gemeenskappe, en aan almal sê dat ons julle baie liefhet.

Ons wil ook almal by die Australiese departement van buitelandse sake en handel bedank, die plaaslike koördineerder, Claire, en ook Diana en Adrian van den Haag; sonder hulle sou ons nie hier gewees het nie. Ons vra die media om die privaatheid van ons familie en vriende te respekteer – pyn is nie ’n storie nie.

Die uwe

Anthony Maslin en Marite Norris

Bronne: nydailynews.com, theguardian.com

Bronne: nydailynews.com, theguardian.com