Hy hou van steak, jy hou van bessies, en julle hou albei van ’n glas goeie rooiwyn. Dié resep is volmaakte vir jul romantiese aand tuis.

Ribfilet met framboossous en kruiebotter

Genoeg vir 2 mense

  • 15 ml (1 e) kruie van jou keuse, vars gekap
  • 25 g botter, sag gemaak
  • sout en peper
  • 375 ml (1½ k) rooiwyn
  • 250 ml (1 k) vars of bevrore frambose
  • 15 ml (1 e) suiker
  • 22,5 ml (1½ e) balsemieke asyn
  • 2,5 ml (½ t) paprika
  • 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
  • 2 Steakhouse Classic-ribfilette, tot kamertemperatuur gebring
  • groenteolie

  1.  Maak die kruiebotter deur die gekapte kruie en botter saam te meng. Geur met sout en peper. Smeer die botter op waspapier en verkoel tot jy dit gebruik. Sny in verlangde vorms.
  2.  Gooi die wyn in ’n klein kastrol. Bring tot kookpunt, verminder dan en prut tot die wyn met die helfte verminder het, sowat ’n kwartier. Voeg die frambose, suiker, balsemieke asyn, paprika en kaneel by. Roer om te meng. Geur na smaak. Voeg nog suiker by indien te vrank. Kook tot die frambose verbrokkel en die sous verdik.
  3.  Verhit ’n roosterpan oor hoë hitte. Verf die kamertemperatuur-steaks oraloor met groenteolie. Braai 5 tot 6 minute weerskante (vir tussen rou en halfgaar).
  4. Laat rus 5 tot 6 minute voor  jy elke steak met kruiebotter bedek. Sit voor met die framboossous en groente van jou keuse.

e=eetlepel, t=teelepel, k=koppie

Bron: checkers.co.za/Valentines-Day/Recipes/Pages/Rib-Eye-Steak-with-Raspberry-Sauce--Herb-Butter.aspx#.UvOf8fmSxPp