Morgan Freeman het ’n Golden Globe-benoeming as beste akteur ontvang vir sy vertolking van pres. Nelson Mandela in die rolprent Invictus.

Dié drama handel oor Suid-Afrika se triomf in 1995 se Wêreldbeker-rugbytoernooi en die versoenende rol wat sport gespeel destyds het.

Clint Eastwood is ook in die kategorie beste regisseur benoem vir sy regie van dié fliek en die akteur Matt Damon, wat die rol van Francois Pienaar vertolk, is benoem as beste byspeler.

Die wetenskapfiksiefliek District 9, wat in Suid-Afrika vervaardig is, is benoem in die kategorie beste draaiboek.

Vir meer oor hierdie storie, besoek: Nuus24.co.za.