Baie van ons het al snaakse goed aangevang terwyl ons in ’n dwaas was weens ’n hand vol slaappille wat nie heeltemal wil inskop nie.

Maar om in jou benewelde toestand byna ’n allemintige R62 000 te bestee aan ’n eksotiese dier vat die koek!

’n “Vriend van ’n vriend” het onlangs op die sosialemediaplatform Reddit vertel sy pêl het een aand te veel slaappille gedrink. Maar die medikasie wou nie heeltemal werk nie.

Dis toe dat die man die een ding doen wat niemand in die middernagtelike ure behoort te doen nie: Hy gaan doen ’n bietjie inkopies aanlyn en bestel ’n knorbuffel (jak) die hele ent uit China. Lees ook: Bloemfonteinse bure slaags ná een ander se kietsie in strik vang Hy bevestig die bestelling, en siedaar! Die transaksie is beklink en doodluiters gaan slaap die man verder. Hoewel dit wonderlik sou gewees het as dié storie kon eindig met die knorbuffel wat by die man se huis afgelewer word, het die werklikheid wel die volgende oggend op hom neergedaal. Hier is ’n afdruk van sy oorspronklike bestelling:

View post on imgur.com

Die Reddit-gebruiker wat die storie oorspronklik vertel het, skryf dat sy vriend daarin geslaag het om die transaksie op sy kredietkaart te stop.

“Ek weet julle almal wou gehad het ek moes net die knorbuffel laat aflewer het, maar my woonstelkompleks sou my op straat uitgeskop het as ek dit sou gedoen het,” het die knorbuffelkoper gesê.

Lees ook: Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping

“En al wat erger is as om haweloos te wees, is om ’n hawelose met ’n knorbuffel te wees.”

Die man het ook gesê in sy beroep as astrofisikus kan hy beslis nie ’n knorbuffel bekostig net om die internet te vermaak nie.

Bronne: Reddit; Metro

Ander stories op Huisgenoot.com:

Enkelma waarsku: Loop lig vir seksoortreders

Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter

Bure slaags ná een ander se kietsie in strik vang

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou, Blake Lively, deel groot nuus

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping