Ben Affleck is luidens berigte “verslae” omdat sy huwelik verbrokkel het.

Maar voor die twee die skeiding amptelik gemaak het, het hulle hard gewerk om hul verhoudingsprobleme op te los.

En noudat die skeiding bekend gemaak is, sukkel Ben glo om met sy nuwe status as enkelloper vrede te maak.

“Hy is verslae. Niemand wil hierdie paadjie loop nie,” het ’n bron aan People.com gesê.

“Hulle het albei baie hard gestry om die huwelik te probeer red, maar op die ou end was dit die beste ding vir die kinders en vir hom en Jen.”

Ben en Jennifer is die ouers van twee dogters, Violet (9) en Seraphina (6), en ’n driejarige seun, Samuel.

Die voormalige paartjie wil glo albei hul skeiding so maklik moontlik vir hul kinders maak.

Volgens die bron bly Ben steeds in die gesinshuis in Los Angeles, al is die twee al sowat 10 maande lank uiteen.

Hulle gebruik glo ’n bemiddelaar om hul bates so regverdig en maklik moontlik te verdeel.

“Hulle is al 10 maande uitmekaar, maar hy het by die huis gebly,” sê die bron. “Daar is goed wat hulle bewustelik doen, want hulle wil dit so maklik moontlik vir die kinders maak.”

Die twee het glo jare lank huweliksberading gekry om hul probleme te probeer oplos.

“Dit is twee mense wat regtig hard probeer het om hul huwelik te red,” sê die bron. “Eindelik het hulle van mekaar vervreem geraak en gedoen wat die beste vir die kinders is.”

© Cover Media