Die Hollywoodse spiertier het in Junie vanjaar, slegs ’n dag ná hul tiende huweliksherdenking, aangekondig dat hul paaie gaan skei. Alhoewel hulle ’n verenigde front voorgehou het ter wille van hul drie kinders, is Ben se ma, Christine, skynbaar gretig om hom naby haar te hou.

“Christine is in volle beheer van sake noudat hy die stukkies van sy gebroke huwelik optel,” het 'n bron aan die Britse tydskrif Grazia vertel. “Chris se seuns, Casey en Ben, was nog altyd haar oogappels gewees sedert haar man haar verlaat het. Ben was altyd na aan sy ma, maar dit lyk asof dinge sedert die verbrokkeling tot op 'n heeltemal nuwe vlak gevorder het.”

Die 43-jarige ster het by sy ma in Boston gebly terwyl hy plekke gesoek het waar hy sy nuwe rolprent, Live By Night, kan verfilm. Jennifer en hulle kinders, die negejarige Violet, die sesjarige Seraphina en die driejarige Samuel, het tuisgebly in die gesin se huis in Los Angeles.

Ben sal etlike maande besig gehou word met rolprentwerk, want hy beide die regisseur en hoofspeler. Christine wil blykbaar seker maak dat sy gesondheid nie daaronder ly nie.

“Dit gaan glad nie goed met Ben nie," het die vertroueling bygevoeg. “Hy pas homself glad nie op nie, hy skeer nie, hy was hom skaars, hy eet baie gemorskos en sy ma haat dit om hom so te sien. Sy het hom oorreed om in hul gesinshuis te bly sodat sy sy kragte kan opbou totdat hy weer sy ou self is. Sy dring nou daarop aan dat hy voltyds in trek sodra hy met die verfilming van die rolprent begin.”

Gerugte oor ’n moontlike versoening tussen Ben en Jennifer het die rondte begin doen nadat hulle skynbaar gelukkig en ontspanne in mekaar se geselskap 'n sentrum vir gesinsadvies in September verlaat het. Bronne na aan die paartjie hou egter vol hulle beplan steeds om te skei, maar hulle wil graag in staat wees om gesinstyd saam met hul kinders deur te bring.

“Hulle werk saam en hou dit vriendskaplik,” het 'n bron aan People.com gesê. “Hulle werk al 'n jaar hieraan – en hulle vorm steeds 'n sterk eenheid. Dit is nie net vir die kinders nie – dit is ook vir hulself. Hulle gee om vir mekaar."

© Cover Media