Ben Affleck en Jennifer Garner het glo nie ’n voorhuwelikse kontrak nie.

TMZ berig Ben en Jennifer het nie ’n voorhuwelikse kontrak geteken voor hul troue nie, maar beweer hulle is nie gepla oor hoe hul huweliksbates in die skeihof verdeel gaan word nie. Volgens Celebrity Net Worth is Jennifer sowat R480 miljoen en Ben ’n geraamde R900 miljoen werd.

Talle het bespiegel die twee het gewag met hul egskeiding tot ná hul tiende huweliksherdenking om te voldoen aan Kalifornië se dekreet wat ’n huwelik van langer as ’n dekade as een van “lange duur” beskou. Ingevolge seksie 4336 van die gesinskode het ’n regter in die gesinshof die mag om te bepaal watter party finansiële steun kry, hoeveel die mens in onderhoud ontvang en die landdros het ook volle jurisdiksie oor die duur van die onderhoudskikking. Maar bronne het aan TMZ gesê die tydsberekening van hul aankondiging het niks met die regskode uit te waai nie. “Dis onwaarskynlik dat sy onderhoud sal kry weens haar rykdom, en sy het dit nie nodig nie,” berig die webtuiste. “Die geheim is om die eiendom te verdeel, en ons verneem dit verloop tot dusver seepglad.” Ben en Jennifer het glo sakebestuurders aangestel om hul batetoewysing te hanteer. Die voormalige paartjie, wat drie jong kinders saam het, is glo vasbeslote om op goeie voet uitmekaar te gaan.

'Hulle wil nie hê dit moet oorlog wees nie.'

Die tydskrif People berig hulle beplan om tydens die egskeidingsproses op dieselfde eiendom te woon.

“Hulle wil nie hê dit moet oorlog wees nie,” vertel ’n bron aan die tydskrif Us Weekly.

“Hulle wil hê dit moet eenvoudig wees en drama vermy. Dis vir hulle belangrik om dinge goed te laat verloop vir hul gesin se onthalwe.”

© Cover Media