Ben Affleck wil nie nog kinders hê nie. Die Oscar-bekroonde akteur en regisseur het twee dogters, Violet (7) en Seraphina (4), en ’n 15 maande oue seun, Samuel, by sy vrou, die aktrise Jennifer Garner. Hy het onthul hy wil nie sy kroos uitbrei nie en is tevrede met net drie kinders.

Hy het aan Extra gesê: “Dit gaan nie gebeur nie. Ons is op ’n baie goeie plek. Drie is goed! Dis genoeg!”

Die 40-jarige ster is in 2005 met Jennifer (41) getroud nadat hulle mekaar op die stel van die aksiefliek Daredevil ontmoet het. Die toegewyde eggenoot en pa het al voorheen gesê die grootmaak van ’n gesin saam met Jen is die “grootste” prestasie van sy lewe.

Hy het vertel: “Ons kinders is oulik. Dis wonderlik. Kinders grootmaak is die beste ding wat ek dink ’n mens, of ek ten minste, ooit in my lewe kon doen. Ek weet wat die beste deel van my lewe is: my kinders. Dit beteken nie daar is nie ander goed wat wonderlik is nie, maar ek weet wat die kern is.”

Maar die Argo-ster erken hy is nie volmaak nie en moet hard werk om sy gesin en werk te balanseer.

Hy het gesê: “As jy nie daaraan werk om tyd saam met jou kinders te bestee nie, waarom het jy dan in die eerste plek ’n gesin? Ten minste, as jy kan. Party mense kan nie eens nie of het nie daardie tyd nie; daarom probeer ek albei doen en dit algaande uitpluis. Ek gee beslis nie voor dat ek al die antwoorde het nie.”