Oor Tristan: “Voor my het Tristan nie in verhoudings belanggestel nie. Op ons eerste afspraak het hy gedink ek gaan soos die ander meisies wees en hom sommer dadelik soen. Ek het ses weke gewag – ek moes seker maak hy stel regtig in my belang.”

Oor Zendaya: “Ons verskil so baie dat daar geen wedywering is nie. En as mense ons met mekaar probeer vergelyk of ons teen mekaar wil afspeel, sal ons daaroor praat en dan is alles weer reg. Ons is lief vir mekaar.”

Oor haar ambisie: “Ek kry my ambisie by my pa. Niks het hom gekeer nie; wat ander gesê het, het nie saak gemaak nie. Ek voel dis ’n goeie manier om hom by my lewe te betrek omdat hy ongelooflik goed gevaar het, en ek wil sy voorbeeld volg.”

Oor Drew Barrymore, haar medester in Blended: “Drew is positief en pragtig van binne en buite. Sy het op die stel van Blended altyd geglimlag en die goeie in alles raakgesien. Ek het daaruit geleer en ek dink ander meisies moet ook.”

- Janine Nel